Besparings die Kersfees - Zambi 22-10-2008

18 November 2015

Spaar tot 40% op`n uithaler-feesmaal dié Kersfees!


In ons besondere klimaat is dit heerlik om `n buitetafel te dek, in die swembad te baljaar en die natuur te geniet. Boonop kan die Kerstafel spog met gesonde kos wat energie bou en daardie opgeblase gevoel van die outydse warm middagmaal iets van die verlede maak.
Daar bestaan baie wanopvattings oor wat in geprosesseerde vleis soos russiese en weense worsies ingaan. Die mite dat produkte soos polonie, koue vleise en dié worsies uit beespote, derms, pens en afval bestaan is inderdaad onwaar. Van die beste ingevoerde speserye, maer vleissnitte en bindmiddels word in die vervaardigingsproses gebruik.

Theron`s huldig met trots ons motto van “kwaliteit produkte teen bekostigbare pryse“ DIREK AAN JAN PUBLIEK.Natuurlik het produkte soos russiese, kaas- en baconworsies vet in, want dit is tradisioneel worsies met `n growwe tekstuur en stukkies vet.Theron`s se produkte word houtgerook en gaargestoom in  industriële rookkaste. Hier word dadelik aan die gewilde ‘Gammon’, kasslertjops, asook verskillende worsies gedink.  Die natuurlike houtrook-metode is baie gesonder as die “liquid smoking essence”-metode, wat deesdae veral gewild is omdat dit `n goedkoper proses is. 
Alle produkte gaan deur die gaarstoomproses - die gesondste gaarmaakmetode. Produkte is dus reeds half-gaar, en help dat ma minder ure voor die stoof hoef te swoeg.
Fokus word spesifiek geplaas op ‘n gesonder eetstyl, ten einde ‘n groot behoefte in die mark aan te spreek. Gerookte hoenderborsfilette is beskikbaar met minder as 2% vetinhoud. Daar is ook ‘n groot verskeidenheid ander produkte in hierdie kategorie beskikbaar.
Kontak gerus vir Sonja-Liezel vir meer inligting en idees by 082 8577 844

THERON`S SE KERSMAAL WENKE:

Vyf maklike stappe na `n somer-Kersete waaroor al jou gaste volgende jaar nog sal praat...

  • Groothandelaankope kan tot 40%-besparing op vleisaankope meebring.     
  • Beplan die maaltyd met die ‘minder is meer’ beginsel.
  • Heerlike koue slaaie met koekstruif as afronding op die spesiale dag, maak vooraf beplanning die moeite werd.
  • Betrek die hele familie met voorbereiding. Die kinders kan kaartjies maak met spesiale boodskappies en ‘n  blommetjie uit die tuin op die borde plaas.   Natuurlik sal Pa die braaivleisvuur beman . . .

More posts to explore