Nasionale Braaidag 24 September 2012

18 November 2015

Theron`s Vleisprodukte is die IN-PLEK om te wees vir die GELDSLIM  verbruiker!
Hierdie besonderse besigheid se toenemende gewildheid kan toegeskryf word aan die bestuur se passie vir mense en goeie kos! Theron`s fokus op die vervaardiging van `n wyse reeks vleisprodukte en die besigheid word al vir die afgelope 29jaar as `n familiebesigheid bedryf. Elke personeellid word as deel van die “gesin” gesien.
Die UITSONDERLIKE KENMERK  van dié gewilde handelsnaam is KWALITEIT TEEN WARE FABRIEKSPRYSE! Die eienaar; mnr Dawie Theron het die bestuur van hierdie besigheid in 1983 oorgeneem, en `n baie gesonde groothandel besigheid begin bou. In 1995 besluit hy om Theron`s Vleisprodukte beskikbaar te stel DIREK aan Jan-publiek teen WARE GROOTHANDELPRYSE. In die begin jare het die administrasiekantoor gedien as bestel en betaalpunt, waarna die produkte by versending afgehaal kon word. In 1999 word `n klein winkeltjie in die systraatjie van die fabriek oopgemaak en verkope groei teen rasse skrede.Die bes bewaarde “geheim” in Pretoria kon nie lank onder `n kurkprop gebêre word nie, en dit LETTERLIK UITBORREL, was daar geen keer! In November 2009 word die nuwe, groter  fabriekswinkel in Mitchell straat ( Intussen herdoop na: Charlotte Maxeke straat) in Pretoria –Wes  ge-open! Die nuus dat Theron`s `n skuiling bied teen die aanslae van krimpende beursies, versprei soos `n veldbrand!  HIER kan `n mens nog `n braaibederfie aankoop teen gawe pryse! Hier vind jou vuisvoos verbruikerslyf, rus en die personeel se flink en vriendelike diens dien as welkome lafenis vir die mismoedige siel. 
`n Wye verskeidenheid vleis en verwante produkte word teen SAKPAS PRYSE aangebied. Kom loer gerus in vir Theron`s se beroemde boerewors, smul-lekker braairibbetjies, murgsagte kassler tjoppies, dekadente spek sosaties en vele meer!
Theron`s Vleisprodukte fokus ook op die gemeenskap en is betrokke by verskeie uitreik aksies in Pretoria-Wes. Theron`s se teenwoordigheid by die jaarlikse Down sindroom Wintersbal die afgelope jaar, het ook `n nuwe besigheidsverhouding tot stand gebring. Thys Streicher, beskermheer van die Down sindroom vereniging, beter bekend as Thys die bosveldklong het `n gewaardeerde vriend van Theron`s geword. Theron`s is baie opgewonde om Thys die bosveldklong se Bring&braai program te ondersteun! Ons hoogstaande gehalte produkte word deur deelnemers omtower in ster resepte en hou ook die filmspan agter die skerms se magies vol!
Theron`s Vleisprodukte onderwerp hulle groothandel en diensverskaffers aan `n streng keuringsproses om sodoende die beste produk aan u, die verbruiker te lewer. Wanneer goedgekeur word selfs dié besighede as gesinslid gesien. Met nasionale braaidag om die draai word `n groot opskop gehou by Nkwe natuur reservaat in samewerking met pdHouse-drukkers. Pd-House drukkers behartig Theron`s se gedrukte handelsmerk werk en die eienaar Christo Esterhuysen is nie skaam om die ekstra myl vir Theron`s te stap om werk van hoogstaande gehalte te lewer nie.
Theron`s Vleisprodukte is `n maatskappy wat in voeling bly met wat JAN PUBLIEK MAAK TIEK en dra gewis by tot `n beter leefstyl as dit kom by voedselprys besparings. Daar is dus GEEN VERSKONING om nie DIE NASIONALE BRAAIDAG `n Theron`s braairibbetjie of boereworsie op die vuur te gooi nie!
THERON`S SE TOP 10 BRAAIWENKE:
1.)    Nooi lekker mense, hartsmense – vergeet van knorpotte
2.)    Besoek Theron`s vir KWALITEIT PRODUKTE TEEN WARE FABRIEKSPRYSE
3.)    Ondersteun ondernemings in jou kontrei en kies `n piekniek of braaiplek naby jou vir `n onvergeetlike braai – Theron`s braai dié jaar by Nkwe-                 natuur reservaat in Lynnwoodweg.
4.)    Bly weg van gevaarlike vuurmaak produkte – bly by die veilige beproefde vuurhoutjies en kole (Ook verkrygbaar by Theron`s)
5.)    Betrek die kinders – Ons erfenis is hulle toekoms
6.)    Ma`s , meisies en ouma`s kan ook braai – gee hulle `n kans om hul staal te wys
7.)    Gebruik net die beste kwaliteit en waak daarteen om jou vleis se smaak “dood” te maak met hope speserye en marinade konkoksies! 
8.)    Sorg vir vingerhappies van formaat om die ergste honger te stil voor die hoofgereg opgedien word. (Theron`s bacon worsies of kase grillers is `n             groot gunsteling!)
9.)    Onthou – braai is een van die gesondste gaarmaak metodes vir vleis, alle vet drup uit – Theron`s braairibbetjie en kassler tjoppies is laag in vet             (Definitief die gesonder keuse)
10.)   Maak `n regte houtvuur - In die woorde van Jan braai: “ 'n Gas is die persoon wat genooi word na jou braai, nie iets waarmee jy braai nie. 

 

More posts to explore