Melanie Fritz's profile
| Reviews | 1 |
Reviews
Review about Dr Van Zyl Pp, Polokwane
12 years ago
Ek was by Dr. Org van Zyl die Ortopediese Chirurg vir 'n probleem in sy veld van spesialisasie. Hy is met sny oor die kop geslaan (om geld te maak natuurlik). Ek het net geweier om terug te gaan na hom toe en my probleem het toe vanself reggekom. Hoeveel mense val nie net vir Dr.'s se stories nie en laat sny net eenvoudig aan hulle waar 'n mens die probleem met die regte medikasie kon oplos??
Verder was daar 'n ou dame by Dr. van Zyl se spreekkamers tesame met 'n ander ou dame wat haar na die spreekkamers toe geneem het want die ou dame kan skaars loop. Sy loop met loopstokkie aan beide kante van haar lyf. Sy kan glad nie loop as sy nie 'n loopstok aan elke kant van haar lyf het nie. Die ou dame wat haar soontoe gebring het, het amper al die karre in die pad omgery. Selfs toe sy parkeer het, was dit so 'n vreeslike groot 'scene', almal in die parkeer-area het vir hulle gekyk. Want die dame met die loopstokke het heeltyd die ou dame wat haar soontoe gebring het, voorgesê dat sy nie die ander karre moes stamp nie. Dit was nou omtrent vir jou 'n groot fiasko gewees! Ek kan ook nie sê ek is mal oor die jong meisie by ontvangs wat vir hom werk nie.