Pruning

16 September 2015

Goeie dag kliënt...

Dit is weer daardie tyd van die jaar om lente te verwelkom, maar ook is daar soveel wat daarmee saamgaan en wat
gedoen moet word! Als begin weer groei en daarom is dit nou n goeie tyd van die jaar om daardie boom wat so laag
hang te snoei of terug te sny sodat dit weer in vorm kan wees. Onthou in die reenseisoen hang die take laag en breek ook 
heelwat makliker as gevolg van die gewig.

Bome word net oor sekere redes gesnoei:

1. Om ‘n sekere vorm te kry of behou.
2. Om die boom kleiner te maak
3. Om nuwe groei te stimuleer
4. Om weg te sny van obstruksies soos dakke, drade of pale
5. Om uit te dun om meer lig deur te laat kom, dan groei dit wat onder die boom is ook beter
6. Om gevaarlike take of gebreekte take te verwyder
7. Vir netheid of ornamentele doeleindes

Indien jy n boom het wat gesnoei moet word, kontak ons gerus vir n kwotasie! Vir die maand van September, plant ons 
Ook n nuwe inheemse boom vir elke boom wat afgesny moet word.

More posts to explore