7 Mei, 2018 – NISBOERE, DSTV kanaal 147

06 March 2021

SANCTUARY FARM PRODUCE: Op die brandpunt van vooruitgang

Die eerste rissies is sowat 6 000 jaar gelede in Mexiko verbou.  ‘n Paar duisend jaar later het Columbus en sy trawante dié veelsydige plantspesie in die Wes-Indiese Eilande ontdek en vandag – nog ‘n jaar of 500 later – pronk ‘n mooi klompie rissiesoorte by Sanctuary Farm Produce in Kameeldrift, Oos van Pretoria, waar Simonia op 7 Mei, 2018 kuier.

Die man met die plan is Marthinus, en die vrou wat verbou is sy wederhelf Hannelie (grower & chilli hobbyist).

 Dié ondernemende egpaar verbou ‘n wye verskeidenheid rissies – van die warmste tot die minste warm, gemeet volgens die sogenaamde “Scoville Scale” – in ‘n tuintjie, asook in ‘n tonnel – laasgenoemde vir kommersiële doeleindes.  Die resultaat is ‘n verskeidenheid watertand rissieprodukte wat, afgesien van die smaaklikheid daarvan, ook super gesond is. 

More posts to explore