Ruah produkte is uniek en vertoon pragtig in badkamers, kombuise en hotelkamers reg oor Suid- Afrika. Ruah ambassadeurs wat landwyd net so passievol oor die produkte is, is Ruah besig om ʼn huishoudelike naam in Suid-Afrika te word.
Die verhaal van Ruah begin met die eerste lavandula- en roosmarynoes wat vroeg in 2007 ryp op die lande van Kasselhoft Landgoed staan.
Om kruie, wat op eie bodem verbou is, te distilleer tot essensiële olies eie aan Suid-Afrika. En so, met die eerste olie wat uit die stoomdistilleerder drup, is Ruah meer as 12 jaar gelede in die hartjie van die Noordwes provinsie in die lewe geroep. Dit is ʼn droom gebore in die hart van Trudi en Rina Kasselman. ʼn Droom gekoester en gegroei tot ʼn suksesvolle en uiters gewilde reeks lyfsorg- en kruieprodukte.
Ruah beteken asem en vir baie kliënte wat al met die Ruah produkte vertroud geraak het, bied die bekende drie-kruiereeks ʼn lafenis, asemskep en koestering.
Die lavandula en roosmaryn word op Kasselhoft Landgoed self verbou en twee keer per jaar geoes. Die hele roosmarynplant word gebruik om olie te vervaardig, terwyl net die blom van die lavandula gedistilleer word tot die baie veelsydige en gewilde lavandula olie.
Roosmalva olie word aangekoop by ander kruieboere in Suid-Afrika en op die manier ondersteun ons ook ander kruie liefhebbers en word daar verseker dat olies plaaslik verbou en natuurlik geekstraheer word.
Kom kry jou Ruah produkte by De Rooie Deur.
Trotse Ruah Ambassadeur in Potchefstroom!
27 May 2022
Posted by De Rooie Deur Geskenkwinkel
More posts to explore
News
Gifts for loved ones in Potchefstroom
2022/05/27