Henkor - Products

Visvang knope - Hengel Knope

Tie-Fast-Knot-Tool
Maak nie saak of dit ligahengel of trofee jag is nie, of dit winter of somer is, wanneer ‘n vis op die hoek is moet al die knope hulle werk doen. Al breek net een knoop, is die vis weg en al die moeite is verniet. Die knoop was nog altyd die swakste skakel in ‘n hengelaar se mondering, en daar is deurentyd met verskillende knoop ontwerpe probeer om hierdie swak punt uit te skakel. Dit was nog altyd die geval dat die knoop breek voor die lyn breek maar toe maak die Tie-Fast Knot Tool sy verskyning, en daarmee saam die ‘GRYPKNOOP’ wat met die handige apparaat gebind word. Die Grypknoop bied vele voordele aan die hengelaar, seker die belangrikste die feit dat dit nie kan lostrek nie want dit word deur AL die draaie van die knoop vasgehou. Dit beteken dat hoe stywer die knoop getrek word, hoe meer sit dit vas. Die lyn lê ook nie dwars tussen die knoop en die hoek se ogie nie, so dit kan nie deur gesny word nie. Vir meer besonderhede besoek asseblief ons internet winkel: http://www.henkor.co.za/tie-fast-knot-tyer-grypknoop.php Die Tie-Fast Knot Tool is ook by ons inloop winkel beskikbaar: Henkor, Trumper Straat 784, Waverley, Pretoria. Tel: 012 3320179.

Reviews