Athalia Uitreik / Outreach Elderly & Disable Care - Products

ELDERLY & DISABLE ACCOMMODATION

800   ZAR
Accommodation with 3 meals included. Neat and tidy and cost effective for the elderly and disable people.
ATHALIA SHORT DESCRIPTION Athalia Outreach Bloemfontein is an organization with the sole purpose of providing decent homes, food and purpose to people only receiving an old-age pension as well as people with medical disabilities. Whilst maintaining high moral standards with regards to shelter, personal hygiene and decent meals, we want to give a purpose and better self image to old people whom are not able to survive on Government Grand. Athalia sole purpose is also to provide spiritual support to the Athalia inhabitants making them feel worthy and welcome in the community. ATHALIA PROFIEL VISIE Om in die huidige ekonomiese klimaat die toenemende vraagstuk na bekostigbare verblyf veral vir Bejaardes en Gestremdes afhanklik van Staatstoelae en soortgelyke pensioen aan te spreek en uitkoms te bied. Asook om tydelike verblyf aan jonger mense te verskaf totdat hul onafhanklik kan oorleef. MISIE Om 'n veilige hawe te skep waar Athalia bejaardes en gestremde persone in ‘n skoon netjiese omgewing sonder finansiële bekommernis kan bly en hul goue jare geniet. Om aan jongmense deurgaan sekuriteit te bied voordat hul die grootmens wêreld intree. Om Christelike beginsels te handhaaf en so te alle tye stabiliteit te vestig. Om betrokke te wees in die gemeenskap en uit te reik na ander mense in nood. ONTSTAAN Athalia Uitreik is op 23 Februarie 2012 gestig toe ‘n groepie bejaarde persone besluit het hul is moeg rond geskuif tussen huise en wil nie meer wil rond trek nie. Hul wil ‘n tuiste en veilige hawe vind waar hul permanent kan bly. Die persone was inwoners van ‘n organisasie wat die getal huise wat mense huisves te verminder het en het die inwoners in kennis gestel dat hul binne 24 uur verskuif gaan word in hul in verskillende huise geplaas gaan word. Die inwoners het tydens die verwikkelinge tuisgegaan in ‘n huis in Stalsweg 22B, Wilgehof, Bloemfontein het Annélize van der Walt die eggenote van die eienaar van bogenoemde woning genader en gevra of sy en haar man nie hul weg sal oopsien om die huis te omskep in ‘n Tuiste waar hul permanent kan woon nie. Na gebed en konsultasie met Ans Coetzee (wat uitgetree het by ‘n ander organisasie) wat genader is om raadgewend te help asook met die aanduiding ingedagte dat die ander organisasie nie onmiddellik hul fasiliteite gaan uitbrei is daar besluit dat dié huis aangewend sal word as tuiste en so 'n belangrike gemeenskapsdiens te lewer. Athalia Uitreik huur die huis van die eienaar op dieselfde voorwaardes met die verskil dat dit 'n tien jaar kontrak is. Daar is steeds 'n baie groot behoefte om uit te reik na persone wat nie meer in die huidige ekonomiese klimaat 'n bestaan kan maak. Daar is besluit om ‘n nie-winsbejagde Uitreik Aksie te stig en so ‘n permanente Tuiste te skep vir genoemde inwoners en ander in nood. Daar is op die naam Athalia met betekenis, ‘God is praised' besluit. Huis Vrede te Stalsweg 22B, Wilgehof bied verblyf aan bejaarde en gestremde inwoners teen ‘n minimale bedrag binne hul finansiële vermoë. ’n Minimum bedrag van R800-00 per maand wat 3 etes insluit is betaalbaar vir ‘n deel kamer. Die huis kan 17 persone huisves. Die skoon tuiste en netjiese tuin is baie huislik en is die inwoners baie gelukkig. Toelatings Vereistes: Verblyf Voorskrifte: - Geen Alkohol gebruikers - Afskrif van ID dokument - Christene wees wat aan die drie-enige-God glo. - 3 Maande se bankstate - Onderhewig aan Keuring - Getekende aansoekvorm FINANSIES EN BEFONDSING Athalia Uitreik ontvang geen staatsubsidie of enige subsidie van enige aard en is afhanklik van borge & donasies vanaf die publiek en sake sektor vir voortbestaan. Athalia bestuur huur huise teen markverwante pryse en betaal munisipale tariewe soos enige ander huishouding. Die inwoners se losiesgeld van R800-00 per maand word aangewend om die genoemde kostes te dek, voedsel aan te koop, vervoer van en na hospitale en klinieke asook administratiewe uitgawes soos telefoon kostes, salarisse ens. Donasies en skenkings help om die begrotings tekort aan te vul en dra by dat die inwoners goed versorg word. Die drukwerk en webtuiste word ook geborg. GEMEENSKAP BETROKKENHEID Die bestuur en die inwoners wil u hartlik uitnooi om hul enige tyd te besoek, te Stalsweg 22b, Wilgehof, hul is regtig baie gelukkig onder Peggy Wilmot as toesighouer. AFLEWERING ADRES VIR DONASIES EN SKENKINGS: Athalia Uitreik Huis Vrede, Stalsweg 22B, Wilgehof, Bloemfontein Indien daar van die publiek is wat betrokke wil raak by die inwoners sal dit waardeer word. KONTAK BESONDERHEDE Toesighouers: Peggy Sel 073 518 6208 of Hettie Bonthuys Sel 082 825 2877 . STIGTERSLEDE & BESTUUR: Annélize v.d. Walt Sel 072 838 1088 [email protected] Ans Coetzee Sel 082 467 6471 [email protected] WEBTUISTE HTTP://www.athalia.co.za Biographix borg Athalia Uitreik se webtuiste, e-pos adresse en drukwerk: Biografix Kantoor no 051 4362152 BOEKHOUER Sarel de Jager Sel: 083 3099553 [email protected] Galasiërs 6:9 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regtyd sal on maai as ons nie verslap nie.

Reviews