MOTORISTE WAT NIE BESTUURSLISENSIES HERNU HET NIE GAAN BEBOET WORD... Vandag is D-dag vir motoriste wie se rybewyse tussen Maart 2020 en Augustus verlede jaar verval het. Volgens amptenare was daar aan die begin van Mei 1,3 miljoen lisensiekaarte steeds nie hernu nie. Die agterstand is as gevolg van bedrywighede wat by sentrums deur die COVID-19-pandemie gestaak is. Die situasie is vererger toe die land se enigste lisensiedrukmasjien verlede jaar gebreek het. Die Padverkeersbestuurskorporasie sê motoriste wat vandag se sperdatum misgeloop het, word aangeraai is om tydelike lisensies te bekom. *Volg Overvaal Stereo se Facebook blad en bly altyd op hoogte GRATIS en in Afrikaans.